Janine Nel

Congenital Cataracts

Ek is 42 jaar oud en het al 'n prostese vandat ek 6 jaar oud is. My oe het in al die jare nooit dieselfde gelyk nie (inteendeel, my linkeroog was meestal byna heeltemal toe, omdat die prostese nooit reg gepas het nie).

Ek het geleer om daarmee saam te leef en het maar altyd my hare effens oor my linkeroog gedra. 'n Paar jaar terug het ek van Vida Trumpelmann gehoor en alhoewel ek in Pretoria woonagtig is besluit om navraag te doen. Ek is met baie vriendelikheid byna onmiddellik gehelp en nie lank nie of ek was oppad Belville toe.

Groot was my verbasing toe ek my nuwe prostese pas. Dit was so presies nes die ander oog. My ooglid was nog effens toe, maar ek is geadviseer om 'n inplanting te oorweeg wat die oogkas sou verklein So ges^e so gedaan. Saam met die inplanting (wat in Pretoria gedoen is), moes toe weer 'n nuwe prostese gemaak word. Dis ook in Pretoria gedoen. Ek was nie baie tevrede nie, en het na 2 jaar besluit om Vida weer op te soek. Die resultate spreek vanself. Ek is so tevrede.

My oe lyk dieselfde en vir die eerste keer in 42 jaar  hoef ek nie meer my hare oor my gesig te dra nie. Dankie Vida Trumpelmann - jy't my 'n nuwe voorkoms gegee waarmee ek so tevrede is.